Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » driftig
driftig [boodskap #141299] Mon, 13 March 2023 16:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
driftig
Afbreking: drif•tig
Samestelling: drif + -tig


Byvoeglike naamwoord: driftig
Vergrotende trap: driftiger
Oortreffende trap: driftigste
Attributief: driftige
Partitief: driftigs
Intensief: doldriftig

Betekenis:
• Vol drif (sterk begeerte, of skielike woede).

Gebruik:
• 'n Driftige man verwek twis, maar die lankmoedige laat die geskil bedaar. [Spreuke 15:18]

Sinoniem:
• hartstogtelik
• heethoofdig
• heftig
• hitsig
• humeurig
• opvlieënd
• stormagtig
• vurig

Antoniem:
• bedaard

Afgelei:
• driftigheid
• geesdriftig

Vertaling:
Engels: quick-tempered, passionate, zealous
Nederlands: driftig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: suidwesterlik
Volgende onderwerp: allereerste
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 01 14:42:41 UTC 2025