Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » halfmens
halfmens [boodskap #141290] Mon, 13 March 2023 08:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20947
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Skets van 'n halfmens.
Skets van 'n halfmens.
halfmens
Afbreking: half•mens
Samestelling: half + mens


Selfstandige naamwoord: halfmens
Meervoud: halfmense
Verkleinwoord: halfmensie
Meervoud van verkleining: halfmensies

Betekenis:
• 'n Wese met menslike en dierlike eienskappe (mitologies of 'n voorsaat van die mens).
• Vetplant van die Richtersveld en suidelike Namibië, Pachypodium namaquanum.

Gebruik:
• Volgens 'n legende is was die koningin van Skeba 'n bonatuurlike wese, halfmens en halfdemoon.
• Teen die horison vertoon die halfmens 'n eienaardige ooreenkoms met 'n persoon.

Hiperoniem:
• noordpool (plant)

Verwant:
• aapmens
• grotmens
• perdmens

Vertaling:
Duits: Pachypodium namaquanum
Engels: halfmens

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: erdegoed
Volgende onderwerp: probeerslag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 01 15:34:29 UTC 2025