pantser [boodskap #141271] |
Sat, 11 March 2023 06:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20947 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
pantser
Afbreking: pant•ser
Werkwoord: pantser
Verlede tyd: het gepantser
Betekenis:
• Om met 'n harnas of beskermende laag te bedek.
Gebruik:
• 'n Tenk word meestal dikker aan die voorkant gepantser.
Vertaling:
Engels: to armour, harnas
Nederlands: pantseren
Selfstandige naamwoord: pantser
Meervoud: pantsers
Verkleinwoord: pantsertjie
Meervoud van verkleining: pantsertjies
Betekenis:
• 'n Beskermende laag of harnas om 'n voertuig (soos 'n tenk of 'n skip).
• 'n Harde, beskermende laag om sommige diere se lywe (skild, karapaks).
• Oorkoepelende naam vir gepantserde oorlogstuig.
Gebruik:
• Die tenk se pantser is veels te dun om die soldate te beskerm.
• Die pasgebore gordeldier se pantser is sag en word harder namate hulle ouer word.
• Pasop dat die vyand se pantser julle nie omsingel nie.
Afgelei:
• pantserafweer
• pantserdeur
• pantserdek
• pantserdier
• pantsereenheid
• pantserhemp
• pantserkar
• pantserkoeël
• pantserkorps
• pantserplaat
• pantserskip
• pantsertrein
• pantsertroepe
• pantservoertuig
• pantserwa
Verwant:
• bepantser
• gepantserd
• pantsering
Afkorting:
• pant.
Vertaling:
Engels: armour, plate
Nederlands: pantser
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|