nominaal [boodskap #141267] |
Do, 09 Maart 2023 20:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
nominaal
Afbreking: no•mi•naal
Byvoeglike naamwoord: nominaal
Attributief: nominale
Betekenis:
• In naam, maar nie in realiteit nie.
• So gering dat dit onbeduidend is.
• In geldswaarde uitgedruk; volgens sigwaarde.
Gebruik:
• Die land het nominaal selfregerend geword.
• Hy het die kar teen 'n nominale bedraggie verkoop.
• Die nominale waarde van R100 is na 10 jaar nog steeds R100, maar jy kan baie minder daarmee koop.
Afkorting:
• nom.
Afgelei:
• nominalisasie
• nominaliseer
• nominalisering
• nominalisme
Vertaling:
Engels: nominal
Nederlands: nominaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|