Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kwartel
kwartel [boodskap #141260] Di, 07 Maart 2023 20:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20785
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kwartels
Kwartels
kwartel
Afbreking: kwar•tel


Selfstandige naamwoord: kwartel
Meervoud: kwartels
Verkleinwoord: kwarteltjie
Meervoud van verkleining: kwarteltjies

Betekenis:
• 'n Klein patrysvoël, dofgeel met swart-en-wit strepe oor die rug, familie perdicinae en genus coturnix.

Gebruik:
• Toe hulle kos vra, het Hy kwartels laat kom en sy volk met brood uit die hemel versadig. [Psalm 105:40]

Vergelyking:
• So doof soos 'n kwartel. [Stokdoof]

Hiperoniem:
• hoendervoël

Hiponiem:
• bloukwartel
• bontkwartel
• boskwartel
• rietkwartel

Vertaling:
Engels: quail
Nederlands: kwartel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: RIV
Volgende onderwerp: komparant
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 10:43:38 MGT 2024