mikrogolf [boodskap #141254] |
Di, 07 Maart 2023 10:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20786 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
mikrogolf
Afbreking: mi•kro•golf
Samestelling: mikro + golf
Selfstandige naamwoord: mikrogolf
Meervoud: mikrogolwe
Verkleinwoord: mikrogolfie
Meervoud van verkleining: mikrogolfies
Betekenis:
• Kort vir mikrogolfoond.
• 'n Kort elektromagnetiese golf met 'n lengte van 1 mm tot 1 meter, of frekwensie tussen 300 MHz en 300 GHz.
Gebruik:
• Sy maak die kos in die mikrogolf warm.
• Mikrogolwe is kleiner as radiogolwe, maar groter as infrarooi en sigbare lig en word o.a. in mikrogolfoonde en in radartegnologie ingespan.
Afgelei:
• mikrogolfbestraling
• mikrogoloond
• mikrogolfsensor
• mikrogolfstraling
Vertaling:
Engels: microwave; microwave oven
Nederlands: microgolf; magnetron
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|