Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uiteenlopend
uiteenlopend [boodskap #141250] Ma, 06 Maart 2023 20:15
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20785
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uiteenlopend
Afbreking: uit•een•lo•pend
Samestelling: uiteen + lopend


Byvoeglike naamwoord: uiteenlopend
Vergrotende trap: uiteenlopender
Oortreffende trap: uiteenlopendste
Attributief: uiteenlopende
Partitief: uiteenlopends

Betekenis:
• Wat in afsonderlike rigtings gaan.
• (figuurlik) Wat sterk van mekaar verskil.

Gebruik:
• Die spoorsnyer wys die uiteenlopende spore uit.
• Dood het uiteenlopende oorsake.

Sinoniem:
• afwykend
• divergerent
• divers
• onvergelykbaar
• ongelyksoortig
• uiteenwykend
• veelsoortig
• verskillend

Afgelei:
• uiteenlopendheid
• uiteenloping

Vertaling:
Engels: divergent; different, various, varied
Nederlands: uiteenlopend

Nota:
• Onvoltooide deelwoord van uiteenloop.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: koepee
Volgende onderwerp: duifert
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 10:47:18 MGT 2024