Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verdraai
verdraai [boodskap #141247] Ma, 06 Maart 2023 16:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20786
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verdraai
Afbreking: ver•draai
Samestelling: ver- + draai


Werkwoord: verdraai
Verlede tyd: het verdraai

Betekenis:
• Om verkeerd te draai.
• Om iets verkeerd of vals voor te stel.

Gebruik:
• Die seun het sy enkel verdraai en loop effens mank.
• Moenie my woorde verdraai nie.

Sinoniem:
• ontwrig
• verstuit
• vervorm
• verwring
• vervals

Afgelei:
• verdraaibaar
• verdraaier
• verdraaiing

Vertaling:
Engels: to twist, contort
Nederlands: verdraaien


Byvoeglike naamwoord: verdraai, verdraaid
Attributief: verdraaide

Betekenis:
• Wat deur draai verwring of beskadig is.

Gebruik:
• Die kreupelhout se takke is ineengestrengel en verdraai.

Sinoniem:
• verwronge

Afgelei:
• verdraaidheid

Vertaling:
Engels: twisted, distorted
Nederlands: verdraaid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: niksseggend
Volgende onderwerp: reserveer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 11:02:02 MGT 2024