Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » diftong
diftong [boodskap #141243] So, 05 Maart 2023 20:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
diftong
Afbreking: dif•tong


Selfstandige naamwoord: diftong
Meervoud: diftonge
Verkleinwoord: diftongetjie
Meervoud van verkleining: diftongetjies

Betekenis:
• Twee vokale klanke (nie letters nie) wat binne een lettergreep in mekaar vloei.

Gebruik:
• Klanke soos "ai", "ei" en "ui" is diftonge, maar "aa", "ee", en "uu" is eenklanke.
• Die oorgang van 'n monoftong in 'n diftong word diftongering genoem.

Sinoniem:
• tweeklank

Afgelei:
• diftongeer
• diftongering

Afkorting:
• dift.

Vertaling:
Engels: diphthong
Nederlands: diftong

Nota:
• Van Grieks δίφθογγος, "diphthongos", letterlik "twee klanke" of "twee tone".
• Afrikaanse diftonge: ei en y [əi], ui [œi], ou [œu], eeu [e:u], aai [ɑ:i], ooi [o:i], oei [ui], ai [ai], oi [ɔi].

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: veevoer
Volgende onderwerp: ystervarkie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 28 04:02:50 MGT 2024