roofkopie [boodskap #141238] |
Sa, 04 Maart 2023 18:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
roofkopie
Afbreking: roof•ko•pie
Samestelling: roof + kopie
Selfstandige naamwoord: roofkopie
Meervoud: roofkopieë
Betekenis:
• 'n Onwettige afskrif of reproduksie van 'n fliek, liedjie, e-boeke, program, ens.
Gebruik:
• Roofkopieë skend outeursreg, ontneem die skeppers daarvan van 'n inkomste en ontmoedig die vervaardiging van topgehalte produkte.
Sinoniem:
• swartkopie
Vertaling:
Engels: illegal copy, pirated copy
Nederlands: illegale kopie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|