verward [boodskap #141231] |
Sa, 04 Maart 2023 08:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verward
Afbreking: ver•ward
Samestelling: verwar + -d
Byvoeglike naamwoord: verwar, verward
Vergrotende trap: verwarder
Oortreffende trap: verwardste
Attributief: verwarde
Partitief: verwards
Betekenis:
• Wat oorweldig en deurmekaar is; in die war; van stryk gebring.
Gebruik:
• Sokrates het getoon dat persone met mag en hoë posisies soms diep verward en irrasioneel kan wees.
Sinoniem:
• bedremmeld
• beneweld
• deurmekaar
• gedisoriënteerd
• ontsteld
• onsamehangend
• oorbluf
• oorweldig
• stomgeslaan
• verbysterd
• verdwaas
• verwonderd
Afgelei:
• verwardheid
Vertaling:
Engels: confused, bewildered, perplexed, flustered
Nederlands: verward
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|