Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitskot
uitskot [boodskap #141229] Sa, 04 Maart 2023 08:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitskot
Afbreking: uit•skot


Selfstandige naamwoord: uitskot
Meervoud: uitskotte
Verkleinwoord: uitskotjie
Meervoud van verkleining: uitskotjies

Betekenis:
• Dit wat verwerp of afgekeur is omdat dit nie aan standaarde voldoen nie.

Gebruik:
• Die myn se uitskot, wat deur die jare op hope gewerk is, word vandag opnuut met moderne metodes verwerk.

Sinoniem:
• afval
• droesem
• oorblyfsel
• restant
• rommel

Afgelei:
• uitskotdam
• uitskotgeut
• uitskothoop
• uitskothout
• uitskotklas
• uitskotsak
• uitskotstof
• uitskotvag
• uitskotvoor
• uitskotwinkel
• uitskotwol
• uitvoeruitskot

Vertaling:
Engels: rejects, throw-outs, waste
Nederlands: uitstoot

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skouerlengte
Volgende onderwerp: nulpolinoom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 28 04:25:06 MGT 2024