roerend [boodskap #141217] |
Do, 02 Maart 2023 16:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20786 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
roerend
Afbreking: roe•rend
Samestelling: roer + -end
Byvoeglike naamwoord: roerend
Vergrotende trap: roerender
Oortreffende trap: roerendste
Attributief: roerende
Partitief: roerends
Betekenis:
• Wat 'n mens emosioneel tref.
• Wat beweegbaar is; rondgeskuif en verplaas kan word.
Gebruik:
• Dit is roerend om na die ou foto's van die Boere-oorlog te kyk.
• Geboue, brûe en plase is nie roerende eiendom nie.
Sinoniem:
• aandoenlik
• aangrypend
• emosioneel
• gevoelvol
• ontroerend
• sielvol
• treffend
Antoniem:
• onroerend
Afgelei:
• hartroerend
• sielroerend
Vertaling:
Engels: moving, touching, gripping; moveable, mobile
Nederlands: roerend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|