| indeks [boodskap #141213] |
Di., 28 Februarie 2023 20:15  |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25958 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
indeks
Afbreking: in•deks
Selfstandige naamwoord: indeks
Meervoud: indekse
Verkleinwoord: indeksie
Meervoud van verkleining: indeksies
Betekenis:
• 'n Versameling inligting wat gesorteer is en maklik nageslaan kan word (soos vervat in 'n register, katalogus of die inhoudsopgawe van 'n boek).
Gebruik:
• Die pous het 'n indeks van verbode boeke gepubliseer.
Hiponiem:
• aandeleindeks
• brekingsindeks
• korrupsie-indeks
• kleurindeks
• prysindeks
Afgelei:
• indekseer
• indeksering
• indeksgetal
• indekssyfer
• indeksvinger
Vertaling:
Engels: index
Nederlands: index
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|
|
|
|
|