insamel [boodskap #141205] |
Ma, 27 Februarie 2023 19:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20786 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
insamel
Afbreking: in•sa•mel
Samestelling: in + samel
Werkwoord: samel in, insamel
Verlede tyd: het ingesamel
Betekenis:
• Om bymekaar te maak; byeen te bring.
Gebruik:
• Ons samel geld in vir liefdadigheid.
Sinoniem:
• byeenbring
• bymekaarmaak
• inoes
• invorder
• inwin
• kollekteer
• versamel
Afgelei:
• insamelaar
• insameling
Vertaling:
Engels: to gather, collect
Nederlands: inzamelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|