Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skatting
skatting [boodskap #141189] Sat, 25 February 2023 09:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20966
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
skatting
Afbreking: skat•ting
Samestelling: skat + -ing


Selfstandige naamwoord: skatting
Meervoud: skattings
Verkleinwoord: skattinkie
Meervoud van verkleining: skattinkies

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van skat. 'n Goeie raaiskoot van die werklike hoeveelheid of waarde.

Gebruik:
• Volgens 'n skatting sal daar teen 2025 meer as 8 miljard mense op aarde wees.

Sinoniem:
• benadering
• beraming
• raming
• waardasie

Hiponiem:
• geringskatting
• herskatting
• hoogskatting
• misskatting
• onderskatting
• oorskatting
• vooruitskatting
• waardeskatting

Afgelei:
• skattingshof

Vertaling:
Engels: estimation, estimate, valuation
Nederlands: schatting

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vatplek
Volgende onderwerp: seesoogdier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 04 08:25:01 UTC 2025