Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » diskant
diskant [boodskap #141187] Sat, 25 February 2023 08:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20966
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
diskant
Afbreking: dis•kant


Selfstandige naamwoord: diskant
Meervoud: diskante

Betekenis:
• Die hoogste stem in meerstemmige musiek, of 'n musiekstuk met so 'n sopraanstem teen 'n agtergrond van koraal.
• Die regtergedeelte van 'n toetsbord met die hoë note.

Gebruik:
• David Wilcocks is veral bekend vir sy diskante en koorverwerkings.
• Die hoë oktawe in die diskant versinnebeeld die vreugde en geluk van die son.

Sinoniem:
• bostem
• sopraanstem

Antoniem:
• bas

Afgelei:
• diskantsleutel
• diskantluidspreker

Vertaling:
Engels: descant, discant
Nederlands: discant

Nota:
• Moenie "diskant" met "duskant" (aan hierdie kant) verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: spieëlglad
Volgende onderwerp: vatplek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 04 08:01:54 UTC 2025