| verplig [boodskap #141171] |
Wo., 22 Februarie 2023 18:09 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24155 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verplig
Afbreking: ver•plig
Werkwoord: verplig
Verlede tyd: het verplig
Betekenis:
• Om iemand te dwing om iets te doen.
Gebruik:
• Die regering verplig sy burgers om belasting te betaal.
Sinoniem:
• beveel
• dwing
• forseer
• noodsaak
• noop
Afgelei:
• verpligting
Vertaling:
Engels: to force, compel, oblige
Nederlands: verplichten
Byvoeglike naamwoord: verplig
Attributief: verpligte
Betekenis:
• Wat iemand gedwing/ genoodsaak is om iets te doen.
Gebruik:
• Die verpligte inentings is uiters omstrede.
Sinoniem:
• gedwing
• genoodsaak
• voorgeskryf
Antoniem:
• opsioneel
• onverplig
Vertaling:
Engels: compulsory, mandatory
Nederlands: verplicht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|