toevallig [boodskap #141170] |
Wed, 22 February 2023 16:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toevallig
Afbreking: toe•val•lig
Samestelling: toeval + -lig
Byvoeglike naamwoord: toevallig
Vergrotende trap: toevalliger
Oortreffende trap: toevalligste
Attributief: toevallige
Partitief: toevalligs
Betekenis:
• Wat per toeval gebeur (en nie beplan of verwag is nie).
Gebruik:
• Twee dames het toevallig met die selfde uitrusting daar opgedaag.
Sinoniem:
• arbitrêr
• lukraak
• onbedoeld
• onbeplan
• onverhoeds
• onvoorsiens
• onverwags
• plotseling
Afgelei:
• toevalligerwys
• toevalligheid
Vertaling:
Engels: by chance, coincidental, accidental, fortuitous
Nederlands: toevallig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|