krediet [boodskap #141166] |
Wed, 22 February 2023 07:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
krediet
Afbreking: kre•diet
Selfstandige naamwoord: krediet
Meervoud: krediete
Betekenis:
• 'n Lening van geld; die uitstel van betaling, meestal a.g.v. 'n vertroue in betalingsvermoë.
• Om by 'n rekening te voeg, of 'n voordeel in die algemeen.
Gebruik:
• Die boer koop sy voorraad op krediet.
• In die eksamen sal geen krediet vir die herhaling van feite gegee word nie.
Antoniem:
• debiet
Hiponiem:
• bankkrediet
• diskrediet
• oorlogskrediet
• verbruikerskrediet
Afgelei:
• kredietbank
• kredietbeperking
• kredietbestuurder
• kredietbrief
• krediete
• kredietfasiliteite
• kredietgeriewe
• kredietgewer
• krediethandel
• kredietkaart
• kredietlimiet
• kredietmark
• kredietnota
• kredietplafon
• kredietskaarste
• kredietstand
• kredietstelsel
• krediettelling
• kredietverlening
• kredietwaardig
Afkorting:
• kt.
Verwant:
• krediteer
• krediteur
Vertaling:
Engels: credit
Nederlands: krediet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|