afname [boodskap #141161] |
Tue, 21 February 2023 13:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
afname
Afbreking: af•na•me
Selfstandige naamwoord: afname
Meervoud: afnames
Betekenis:
• Die handeling van afneem; om kleiner te word in aantal of maat.
Gebruik:
• Daar was 'n afname in die padsterftes oor die feestyd.
Sinoniem:
• daling
• inkrimping
• insinking
• kwyning
• verlangsaming
• vermindering
Antoniem:
• toename
Afgelei:
• bevolkingsafname
• geboorteafname
• stralingsafname
• stroomafname
• volumeafname
• werkingsafname
Vertaling:
Engels: decrease, decline, diminution, shrinkage
Nederlands: afname
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|