minagtend [boodskap #141156] |
Tue, 21 February 2023 08:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
minagtend
Afbreking: min•ag•tend
Samestelling: minag + -tend
Byvoeglike naamwoord: minagtend
Vergrotende trap: minagtender
Oortreffende trap: minagtendste
Attributief: minagtende
Betekenis:
• Sonder die nodige eerbied en respek.
Gebruik:
• "Wie is dié man Dawid nogal?" antwoord hy minagtend. [1 Samuel 25:10]
Sinoniem:
• afbrekend
• beledigend
• bytend
• honend
• krenkend
• neerbuigend
• neerhalend
• neusoptrekkerig
• oneerbiedig
• onerkentlik
• respekloos
• smalend
• veragtend
• verkleinerend
• vernederend
• verwaand
Antoniem:
• eerbiedig
Vertaling:
Engels: contemptuously, depreciatory, scornful, sneering
Nederlands: minachtend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van minag.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|