Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » flenter
flenter [boodskap #141148] Mon, 20 February 2023 15:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20966
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
flenter
Afbreking: flen•ter


Selfstandige naamwoord: flenter
Meervoud: flenters
Verkleinwoord: flentertjie
Meervoud van verkleining: flentertjies

Betekenis:
• 'n Losgeskeurde reep of klein afgebreekte stukkie van iets.
• Klere wat oud, stukkend en verwaarloos is.

Gebruik:
• Die vaas het geval en is in flenters.
• Die boemelaar het net flenters aan sy lyf.

Spreekwoord:
• Ek geen nie 'n flenter om nie. [Gee niks om nie.]

Wisselvorm:
• flinter

Sinoniem:
• brokkie
• fragment
• jota
• lappie
• repie
• snysel
• splinter
• toiing
• vodde

Afgelei:
• verflenter
• flenterbaadjie
• flenterbroek
• flenterdorper
• flenterdun
• flenterfyn
• flentergat
• flenterig
• flenterjas
• flenterkantoor
• flenterkous
• flentersaartjie

Spelfout:
• vlenter

Vertaling:
Engels: rag, small piece, splinter
Nederlands: flenter


Werkwoord: flenter
Verlede tyd: het geflenter

Betekenis:
• Om te slenter; doelloos rond te loop;

Gebruik:
• Die kinders flenter deur die strate.

Vertaling:
Engels: to gad about, lounge, saunter
Nederlands: slenteren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onderdanigheid
Volgende onderwerp: eenders
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 04 09:35:12 UTC 2025