oktrooi [boodskap #141145] |
Mon, 20 February 2023 12:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oktrooi
Afbreking: ok•trooi
Selfstandige naamwoord: oktrooi
Meervoud: oktrooie
Betekenis:
• 'n Magtiging om handel te dryf.
Gebruik:
• Die stad Leiden het 2500 gulde betaal vir die oktrooi om die Statebybel te druk.
• Nederland het 'n oktrooi aan die VOC toegestaan wat hulle 'n monopolie op handel oos van die Kaap die Goeie Hoop en wes van die Straat van Magellaan gegee het.
Sinoniem:
• handelsvergunning
• konsessie
• lisensie
• monopolie
• patent
Afgelei:
• geoktrooieer
• oktrooibrief
• oktrooieer
• oktrooihouer
• oktrooiraad
• oktrooireg
• oktrooiwet
Vertaling:
Engels: charter, patent, grant
Nederlands: oktrooi
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|