besope [boodskap #141120] |
Thu, 16 February 2023 16:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
besope
Afbreking: be•so•pe
Byvoeglike naamwoord: besope
Vergrotende trap: meer besope
Oortreffende trap: die mees besope
Attributief: besope
Intensief: stombesope
Betekenis:
• Wat baie dronk is; onder die invloed van drank.
Gebruik:
• Die besope werknemer is afgedank.
Sinoniem:
• aangeslaan
• beskonke
• dronk
• gesuip
• getrek
• hoenderkop
Antoniem:
• nugter
Afgelei:
• besopenheid
Vertaling:
Engels: drunk, loaded, pissed, plastered
Nederlands: bezopen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|