hoofsin [boodskap #141107] |
Tue, 14 February 2023 13:12 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hoofsin
Afbreking: hoof•sin
Samestelling: hoof + sin
Selfstandige naamwoord: hoofsin
Meervoud: hoofsinne
Verkleinwoord: hoofsinnetjie
Meervoud van verkleining: hoofsinnetjies
Betekenis:
• Die deel van 'n sin wat op sy eie kan staan (en nie as 'n onderskikkende sin/ bysin funksioneer nie).
Gebruik:
• In die sin "Die perd, waarop die man ry, het hom afgegooi" is "Die perd het hom afgegooi" die hoofsin, en "waarop die man ry" die bysin.
Antoniem:
• bysin
Vertaling:
Engels: principal sentence, main clause
Nederlands: hoofdzin
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|