diervel [boodskap #141106] |
Tue, 14 February 2023 12:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
diervel
Afbreking: dier•vel
Samestelling: dier + vel
Selfstandige naamwoord: diervel
Meervoud: diervelle
Verkleinwoord: diervelletjie
Meervoud van verkleining: diervelletjies
Betekenis:
• Die liggaamsbedekking van 'n dier.
Gebruik:
• Die diervel word gelooi om dit in leer te verander.
Wisselvorm:
• dierevel
Hiponiem:
• bokvel
• leeuvel
• tiervel
Verwant:
• karos
• pels
Vertaling:
Engels: animal skin
Nederlands: dierenhuid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|