Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stroef
stroef [boodskap #141102] Mon, 13 February 2023 11:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20966
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
stroef
Afbreking: stroef


Byvoeglike naamwoord: stroef
Vergrotende trap: stroewer
Oortreffende trap: stroefste
Attributief: stroewe
Partitief: stroefs

Betekenis:
• Wat stram en styf is en nie maklik beweeg nie.
• Wat somber en onvriendelik is; ongemaklik in sosiale omgang.

Gebruik:
• Die ou slot is geroes en 'n bietjie stroef.
• Sy gluur hom aan met 'n stroewe gesig.

Sinoniem:
• hortend
• onbuigsaam
• ontoegeeflik
• onvriendelik
• stoterig
• stram
• stug
• styf

Antoniem:
• glad
• soepel
• vloeiend

Afgelei:
• stroefheid

Vertaling:
Engels: stiff, difficult to move; gruff, stern, surly
Nederlands: stroef

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: deurdring
Volgende onderwerp: stroopsoet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 04 09:25:18 UTC 2025