ets [boodskap #141060] |
Thu, 09 February 2023 14:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ets
Afbreking: ets
Werkwoord: ets
Verlede tyd: het geëts
Betekenis:
• Om 'n prent d.m.v. die chemiese inbyt/invreting van 'n suur te skep.
Gebruik:
• Kunswerke kan met 'n suur of ander verbindings in glas geëts word.
Afgelei:
• etsing
• etser
• inets
Vertaling:
Engels: to etch
Nederlands: etsen
Selfstandige naamwoord: ets
Meervoud: etse
Verkleinwoord: etsie
Meervoud van verkleining: etsies
Betekenis:
• Die proses om 'n ontwerp deur chemiese wegvreting in 'n metaalplaat aan te bring, of 'n kunswerk wat so geskep is.
Gebruik:
• Die verskil tussen 'n ets en 'n gravure is dat eersgenoemde chemiese wegvreting behels, terwyl gravures slegs deur fisieke werking geskep word.
Afgelei:
• etsdruk
• etskuns
• etsmiddel
• etsnaald
• etsplaat
• etsreaksie
• etssuur
• etstegniek
• etswerk
Vertaling:
Engels: etching
Nederlands: ets
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|