pruttelaar [boodskap #141051] |
Tue, 07 February 2023 20:30 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
pruttelaar
Afbreking: prut•te•laar
Samestelling: pruttel + -aar
Selfstandige naamwoord: pruttelaar
Meervoud: pruttelaars
Verkleinwoord: pruttelaartjie
Meervoud van verkleining: pruttelaartjies
Betekenis:
• 'n Persoon wat pruttel (binnensmonds brom, kla of mor).
Gebruik:
• Jou bitterwyn, jou pruttelaar, ek slaan jou inmekaar. [Hasie, Al Debbo]
Sinoniem:
• brombeer
• grompot
• knorpot
• kniesoor
• pruttelkous
Vertaling:
Engels: grumbler, moaner, grouch
Nederlands: pruttelaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|