vorstehuis [boodskap #141046] |
Ma, 06 Februarie 2023 18:37 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20786 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vorstehuis
Afbreking: vors•te•huis
Samestelling: vors + -te + huis
Selfstandige naamwoord: vorstehuis
Meervoud: vorstehuise
Betekenis:
• 'n Familie waarbinne die koningskap oorgeërf word.
Gebruik:
• Die Huis van Habsburg is 'n ou Oostenrykse vorstehuis wat eeue lank keisers, konings, grawe en hertoë opgelewer het.
Sinoniem:
• dinastie
• koningshuis
• stamhuis
Vertaling:
Engels: dynasty, royal house, reigning house, noble house
Nederlands: vorstenhuis
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|