wanprestasie [boodskap #141043] |
Mon, 06 February 2023 16:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wanprestasie
Afbreking: wan•pre•sta•sie
Samestelling: wan- + prestasie
Selfstandige naamwoord: wanprestasie
Meervoud: wanprestasies
Betekenis:
• Die versuim om ooreengekome verpligtinge na te kom.
Gebruik:
• Die kontrak van meer as 200 miljoen rand is weens swak vakmanskap en wanprestasie beëindig.
Sinoniem:
• kontrakbreuk
• nienakoming
Vertaling:
Engels: non-performance, breach of contract
Nederlands: wanprestatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|