linguistiek [boodskap #141038] |
Sun, 05 February 2023 12:33 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
linguistiek
Afbreking: lin•gui•stiek
Selfstandige naamwoord: linguistiek
Meervoud: –
Betekenis:
• Die wetenskaplike studie van natuurlike tale.
Gebruik:
• Linguistiek behels die studie van een van die belangrikste grondslae van menslike interaksie, naamlik taal.
Sinoniem:
• taalkunde
• taalwetenskap
Hiponiem:
• etnolinguistiek
• neurolinguistiek
• rekenaarlinguistiek
• sosiolinguistiek
• tekslinguistiek
Afgelei:
• linguis
• linguisties
• linguistieke
Vertaling:
Engels: linguistics
Nederlands: linguïstiek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|