kuur [boodskap #141036] |
Sun, 05 February 2023 11:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kuur
Afbreking: kuur
Selfstandige naamwoord: kuur
Meervoud: kure
Verkleinwoord: kuurtjie
Meervoud van verkleining: kuurtjies
Betekenis:
• 'n Behandeling vir die genesing van siekte, verslawing, ens.
• (ongewoon) Vreemde gedrag; vol nukke en grille.
Gebruik:
• Die wetenskaplike het 'n kuur teen kanker ontdek.
• Die ou motor is vol kure.
Sinoniem:
• behandeling
• geneeswyse
• heling
• terapie
• wondermiddel
Hiponiem:
• badkuur
• chemokuur
• hongerkuur
• gesigkuur
• kouewaterkuur
• lugkuur
• manikuur
• pedikuur
• ruskuur
• sweetkuur
• verjongingskuur
• vermaeringskuur
• verslankingskuur
Vertaling:
Engels: treatment, cure; quirk, caprice, whim
Nederlands: kuur
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|