Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uniform
uniform [boodskap #141024] Sa, 04 Februarie 2023 20:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uniform
Afbreking: u•ni•form


Selfstandige naamwoord: uniform
Meervoud: uniforms
Verkleinwoord: uniformpie
Meervoud van verkleining: uniformpies

Betekenis:
• Eenvormige drag vir 'n groep mense (soos soldate, verpleegsters, skoolkinders, ens.)

Gebruik:
• 'n Soldaat moet sy uniform met trots dra.

Hiponiem:
• generaalsuniform
• kakieuniform
• kapteinsuniform
• offisiersuniform
• polisie-uniform
• skooluniform
• soldate-uniform

Afgelei:
• uniformjas
• uniformpet
• uniformstof

Vertaling:
Engels: uniform
Nederlands: uniform


Byvoeglike naamwoord: uniform
Vergrotende trap: uniformer
Oortreffende trap: uniformste
Attributief: uniforme

Betekenis:
• Met dieselfde vorm of patroon.

Gebruik:
• Die reëls moet op 'n uniforme wyse toegepas word.

Sinoniem:
• eenvormig
• egalig
• gelykmatig
• gelykvormig

Afgelei:
• uniformeer
• uniformiteit

Vertaling:
Engels: uniform
Nederlands: uniform

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aalwynhout
Volgende onderwerp: omboorsel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 28 05:15:32 MGT 2024