Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aalwynhout
aalwynhout [boodskap #141023] Sat, 04 February 2023 17:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20966
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
aalwynhout‎
Afbreking: aal•wyn•hout‎
Samestelling: aalwyn + hout‎


Selfstandige naamwoord: aalwynhout
Meervoud:

Betekenis:
• Die welriekende hout van Asiatiese bome in die genus Aquilaria.

Gebruik:
Aalwynhout word gebruik om wierook en parfuum te maak, asook om klere vars te laat ruik.

Sinoniem:
• arendshout
• adelaarshout
• paradyshout
• wierookhout

Vertaling:
Engels: aloeswood, eaglewood, agarwood
Nederlands: aloëhout, agarhout

Nota:
• Een van daai vreemde terme wat niks met die bekende aalwynplant te make het nie.
• Numeri 24:6 verwys na hierdie boom, en Psalms 45:9, Spreuke 7:17 en Hooglied 4:14 na die parfuum van die boom se hout.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: maroelaboom
Volgende onderwerp: uniform
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 04 07:46:36 UTC 2025