aflospersoneel [boodskap #141012] |
Fri, 03 February 2023 19:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aflospersoneel
Afbreking: af•los•per•son•eel
Samestelling: aflos + personeel
Selfstandige naamwoord: aflospersoneel
Meervoud: –
Betekenis:
• Personeel wat ander aflos. Werkers wat tydelik of met rotasie by ander oorneem.
Gebruik:
• Die skool beskik oor aflospersoneel wat die klasse kan oorvat as 'n onderwyser vir die een of ander rede afwesig sou wees.
Verwant:
• aflospersoon
Vertaling:
Engels: substitute staff
Nederlands: invalkrachten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|