neutraliteit [boodskap #141010] |
Fri, 03 February 2023 18:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
neutraliteit
Afbreking: neu•tra•li•teit
Samestelling: neutraal + iteit
Selfstandige naamwoord: neutraliteit
Meervoud: –
Betekenis:
• Die toestand of status van neutraal (onsydig) wees.
Gebruik:
• Switserland het 'n lang tradisie van politieke en militêre neutraliteit.
Sinoniem:
• onbetrokkenheid
• onpartydigheid
• onsydigheid
Antoniem:
• partydigheid
Afgelei:
• elektronneutraliteit
• neutraliteitsreg
• neutraliteitsverklaring
Vertaling:
Engels: neutrality
Nederlands: neutraliteit
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|