terugbring [boodskap #140994] |
Mon, 30 January 2023 09:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
terugbring
Afbreking: te•rug•bring
Samestelling: terug + bring
Werkwoord: bring terug, terugbring
Verlede tyd: het teruggebring
Betekenis:
• Om iets of iemand na sy oorspronklike plek of toestand terug te vat.
Gebruik:
• Bring dit dadelik terug!
• Jy kan dit leen, maar moet dit asseblief voor die naweek terugbring.
• Dink jy dat die doodstraf teruggebring moet word.
Sinoniem:
• terugbesorg
• teruggee
• terugneem
• terugplaas
• terugsit
• terugvat
Vertaling:
Engels: to take back, bring back
Nederlands: terugbrengen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|