slegpraat [boodskap #140986] |
Sun, 29 January 2023 19:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
slegpraat
Afbreking: sleg•praat
Samestelling: sleg + praat
Werkwoord: praat sleg, slegpraat
Verlede tyd: het sleggepraat
Betekenis:
• Om (iets of iemand) met woorde in 'n slegte lig te stel.
Gebruik:
• Ek sal nooit my geboorteland slegpraat nie.
Sinoniem:
• afkraak
• beskinder
Antoniem:
• goedpraat
Vertaling:
Engels: to speak ill
Nederlands: kwaad spreken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|