goedpraat [boodskap #140985] |
Sun, 29 January 2023 19:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
goedpraat
Afbreking: goed•praat
Samestelling: goed + praat
Werkwoord: praat goed, goedpraat
Verlede tyd: het goedgepraat
Teenwoordige deelwoord: goedpratend, goedpratende
Betekenis:
• Om iets met mooi woorde in 'n beter lig te stel.
Gebruik:
• 'n Mens kan nie oorlog goedpraat nie.
Sinoniem:
• regverdig
• verontskuldig
• versag
Antoniem:
• slegpraat
Vertaling:
Engels: to justify, explain away
Nederlands: goedpraten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|