gedaantewisseling [boodskap #140981] |
Sun, 29 January 2023 15:16 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20968 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gedaantewisseling
Afbreking: ge•daan•te•wis•se•ling
Samestelling: gedaante + wisseling
Selfstandige naamwoord: gedaantewisseling
Meervoud: gedaantewisselinge
Betekenis:
• 'n Drastiese verandering in karakter of uiterlike vorm.
Gebruik:
• Die larwes van insekte wat 'n volledige gedaantewisseling ondergaan, lyk nie soos hulle volwasse ouers nie.
Sinoniem:
• gedaanteverandering
• gedaanteverwisseling
• metamorfose
• vormverandering
Vertaling:
Engels: metamorphosis, shapeshifting
Nederlands: gedaantewisseling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|