loopplank [boodskap #140978] |
Sun, 29 January 2023 08:02 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20969 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
loopplank
Afbreking: loop•plank
Samestelling: loop + plank
Selfstandige naamwoord: loopplank
Meervoud: loopplanke
Verkleinwoord: loopplankie
Meervoud van verkleining: loopplankies
Betekenis:
• 'n Plank waaroor 'n mens kan loop (b.v. van 'n skip na die wal).
• 'n Verhoog vir modelle; loopbrug.
Gebruik:
• Die loopplank is laat sak en die mense kon aan wal gaan.
• Die model maak haar debuut op die internasionale loopplank.
Afgelei:
• afloopplank
• loopplankmodel
Vertaling:
Engels: gangboard, gang‐plank, gangway; catwalk, runway
Nederlands: loopplank; loopbrug
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|