tanend [boodskap #140966] |
Sat, 28 January 2023 09:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20971 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tanend
Afbreking: ta•nend
Samestelling: taan + -end
Byvoeglike naamwoord: tanend
Attributief: tanende
Betekenis:
• Wat taan (afneem, verminder, agteruitgaan).
Gebruik:
• Die politieke party is bekommerd oor sy tanende steun.
Sinoniem:
• afnemend
• agteruitgaande
• regressief
Vertaling:
Engels: waning, dwindling, fading, diminishing, declining
Nederlands: tanend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|