verliefdheid [boodskap #140962] |
Sat, 28 January 2023 07:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20971 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verliefdheid
Afbreking: ver•liefd•heid
Samestelling: verlief(d) + -heid
Selfstandige naamwoord: verliefdheid
Meervoud: verliefdhede
Betekenis:
• Die (meestal hormonale) toestand van verlief wees; 'n romantiese aangetrokkenheid.
Gebruik:
• Sy kon haar verliefdheid kwalik wegsteek.
Sinoniem:
• aangetrokkenheid
• toegeneentheid
• verknogtheid
• verkleefdheid
Afgelei:
• jongmeisieverliefdheid
• verliefdheidswaansin
Vertaling:
Engels: crush, amorousness
Nederlands: verliefdheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|