weerspieëling [boodskap #140960] |
Fri, 27 January 2023 19:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20969 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
weerspieëling
Afbreking: weer•spie•ë•ling
Samestelling: weerspieël + -ing
Selfstandige naamwoord: weerspieëling
Meervoud: weerspieëlings
Betekenis:
• Die weerkaatsing van lig vanaf 'n oppervlak.
• (figuurlik) Iets wat dieselfde is.
Gebruik:
• Sy skrik toe sy die weerspieëling van haarself in die water sien.
• TV is nie noodwendig 'n weerspieëling van 'n gemeenskap nie.
Sinoniem:
• refleksie
• terugkaatsing
• weerglans
• weerkaatsing
Vertaling:
Engels: reflection
Nederlands: weerspiegeling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|