aanhê [boodskap #140947] |
Wed, 25 January 2023 18:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20968 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanhê
Afbreking: aan•hê
Samestelling: aan + hê
Werkwoord: het aan, aanhê
Verlede tyd: het aangehad
Teenwoordige deelwoord: aanhebbend
Verlede deelwoord: aangehad
Betekenis:
• Om 'n kledingstuk of sieraad te dra.
Gebruik:
• Hy het sy pajamas aan.
• In die ruimte moet jy 'n ruimtepak aanhê.
• Sy het 'n bikini aangehad.
Sinoniem:
• dra
Vertaling:
Engels: to have on, wear
Nederlands: aanhebben
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|