Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » identifikasie
identifikasie [boodskap #140903] Mon, 23 January 2023 17:12
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20968
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
identifikasie
Afbreking: i•den•ti•fi•ka•sie


Selfstandige naamwoord: identifikasie
Meervoud: identifikasies

Betekenis:
• Iets waarmee iemand geïdentifiseer word (ID-kaart, paspoort, rybewys, merk, wagwoord, ens.)
• Die handeling van identifiseer (om identiteit of eienaarskap te bepaal).

Gebruik:
• Het u enige identifikasie by u? Dit is 'n oortreding om sonder identifikasie te bestuur.
• Tydens die identifikasie van die vee is vasgestel dat die helfte van die trop gesteel is.

Sinoniem:
• identifisering
• uitkenning
• vasstelling

Afgelei:
• identifikasiekode
• identifikasienommer
• identifikasiemerk
• identifikasieproses
• ooridentifikasie

Vertaling:
Engels: identification
Nederlands: identificatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aakligheid
Volgende onderwerp: aalagtig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 06 09:38:54 UTC 2025