pajamas [boodskap #140898] |
Sun, 22 January 2023 20:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20967 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
pajamas
Afbreking: pa•ja•mas
Selfstandige naamwoord: –
Meervoud: pajamas
Betekenis:
• Gemaklike klere om in te slaap, meestal 'n lospassende broek en baadjie.
Gebruik:
• Trek jou pajamas aan en gaan borsel jou tande.
Sinoniem:
• naggewaad
• nagkabaai
• nagklere
• slaapklere
Afgelei:
• pajamabroek
• pajamabaadjie
• pajamapak
Vertaling:
Engels: pajamas, nightwear
Nederlands: pyjama's, nachtpak, slaappak
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|