niksnut [boodskap #140893] |
Sun, 22 January 2023 17:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20968 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
niksnut
Afbreking: niks•nut
Samestelling: niks + nut
Selfstandige naamwoord: niksnut, niksnuts
Meervoud: niksnutte, niksnutse
Betekenis:
• Iemand wat geen nut het nie en niks werd is nie.
• 'n Ondeunde of stout jong mens.
Gebruik:
• Die man is 'n niksnut, daar sal niks van sy planne kom nie.
• Die klein niksnut vang seker weer kattekwaad aan.
Wisselvorm:
• niksnuts
Sinoniem:
• deugniet
• leegloper
• luiaard
• luilak
• niksdoener
• nikswerd
• ondeug
• vrotvel
Afgelei:
• niksnutsig
• niksnutter
Vertaling:
Engels: good-for-nothing, bad egg, layabout, rotter; rogue, rascal
Nederlands: niksnut
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|